Reels
HFT        
In HFT is daar 20 bane met 2 teikens per baan. Die teikens is op afstande wat wissel van 7m tot en met 42m. Daar is 3 posisies waarvan uit geskiet word, Le, kniel en staan. Die skut kry 3min om sy 2 teikens per baan te skiet. Die skut kry slegs 1 skoot per tieken. Wanneer die skut die kol tref, val die teiken om en die skut kry 1 punt. As die teiken getref word, maar val nie om nie of heeltemal gemis word kry die skut geen punt nie.

Daar is verskillende groote trefkolle op die teikens, 40mm, 35mm, 25mm, 20mm en 15mm. Die skut moet die afstand na die teiken bepaal, die wind lees, sy geweer laai en dan die teiken skiet.

In HFT mag die skut glad nie sy "scope" verstel nadat die eerste skoot geskiet is nie. Daar word 'n pen in die grond gekap by elke skietpunt. Die geweer se sneller moet agter die pen wees en 'n deel van die skut of sy geweer moet aan die pen raak. 

Lees asseblief die volledige reëls soos dit op die skakel hieronder verskyn op die Sahfta webblad. Sahfta is die beheerliggaam vir "hunter" veldteiken skiet in SA.






FT        
In FT is daar 25 bane met 2 teikens per baan. Die teikens is op afstande wisselend van 9m tot en met 50m. Daar is 3 posisies waarvan uit geskiet word. Sit (Freestyle), kniel en staan. Die skut kry 3min om sy 2 teikens per baan te skiet. Die skut kry slegs 1 skoot per teiken. Wanneer die skut die kol tref, val die teiken om en die skut kry 1 punt. As die teiken getref word, maar val nie om nie of as die teiken heeltemal gemis word kry die skut geen punte nie.

Daar is 3 verskillende groote trefkolle op die teikens, 40mm, 25mm en 15mm. Die skut moet die afstand na die teiken bepaal, die wind lees, sy geweer laai en dan die teiken skiet.

In FT mag die skut sy "scope" se vergroting stel tot op die maksimum of soos wat hy dit verkies en hy mag ook die "scope" stel om die teiken mooi in fokus te kry sodat hy daardeur die afstand na die teiken kan bepaal.

Daar word jaarliks nationale kampioenskappe aangebied. Om te kwalifiseer moet die skut 'n minimum van 6 ligas skiet met 'n gemiddeld van 60%. Daar word ook jaarliks wêreldkampioenskappe aangebied.

Lees asseblief die volledige reëls soos dit op die skakel hieronder verskyn op die Saftaa webblad. Saftaa is die beheerliggaam vir veldteiken skiet in SA.